Waenhuiskraal

Jou perfekte plaas troue

TopVendor Member & Top Country Wedding Venue Participant 2017

Om die regte onthaalarea te kies om julle nuwe lewe saam te begin kan tydrowend wees en daarom wil ons dankie sê dat julle die moeite doen om meer van ons fasiliteite uit te vind.

Waenhuiskraal is vanaf Rigellaan, Pretoria, 25 km uit op die Delmaspad (R50). Pragtige graslande en ruimtes so ver soos die oog kan sien begroet jou.

Waenhuiskraal se ontstaan het gekom van Afrikaans sprekendes soos ek en jy wat die nostalgie wil vasvang van malvapoeding en pampoentert, die dorsvloer op die plaas en ouma se onthou kos, waar jy in Afrikaans kan kuier en skoffel op ‘n mieliemeel vloer. Die besonderse dag gaan net oor die bruidspaar en word gevier saam met familie en vriende wat altyd deel van julle lewens sal wees.

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom by Waenhuiskraal en beloof om die geseënde dag spesiaal te maak vir jare se herinneringe.