
Me. Ek. Anél. Nella
Geel. Veldblomme. Ek hou van mense, veral as hulle nice is. Ek hou van die sonsak, en sonopkoms maar net in die somer en net by die see. Ek hou van die bos. Ek is liewer vir my mense as enige iets anders. Ek het God die liefste. Ek hou van troues, dit maak my happy. Ek het meestal van wie ek is geleer by my ma. Fotos maak my gelukkig, die wat ek neem, die wat ander neem, enige fotos. Alle fotos. Harde mense maak my hartseer. Daar is te veel mooi om altyd kwaad te wees. Ek vergewe gou. Te gou, maar dis okay, dis wat God van ons verwag. My seuns is my hele lewe en maak elke liewe hartsgaatjie vol. Tydsgleuwe meestal ook. Afrikaans Rock maak my bly… al vloek hulle soms…dis real en rou en sonder voorgee. Spoegwolf. Gedigte. Ek wil graag meer lees en altyd meer leer.
Ek wil jou leer ken!